Wednesday, April 25, 2007

Kultuuraand met die Schreiber Musiekskool van Duitsland

- Stefné Theunissen -

Dertien jong musikante van die Schreiber Musiekskool in Duitsland het ons dorp vanaf 2 tot 6 April 2007 besoek. Soggens het hulle musiek werkswinkels vir die kleintjies by Wildekanisland aangebied en die aand van 4 April het dié jong mense ons inwoners met pragtige musiek vermaak.

Die konsert was te kort, want eie aan die Duitsers met hul vrolike musiek, het ons harte weer warm geklop. Ons vertrou julle kom gou weer kuier.

Die program was deurspek met vrolike en pragtige items. Peter McEwan en Chrisna Smit het weer eens hulle ta-lente met ons kom deel. Prince Albert is baie ryk aan talent. ‘n Aand sonder Lode Mooneys en Therene Fourie se stemme is nie volmaak as hulle afwesig is nie. Baie geluk en dankie vir jul pragtige sang.

Bodo, jy en Prince Albert Kieliebeentjies se musiek is van hoogstaande gehalte. Kan julle nie vir meer sulke Kultuuraande sorg nie? Jou kitaarspel en sang sorg vir die siel.

Die fondse (die aand het ‘n wins van
R5 300.00 gemaak) het vir Wildekanisland Kleuterskool gegaan. Ons ou klein maatjies het ook hulle kant gebring met hul Hande Was item. Pragtig maatjies! Baie dankie aan die ouers wat vir verversings gesorg het asook die persone wat huisvesting verskaf het. Julle is staatmakers. ‘n Baie groot dank aan Bodo en Gudrun vir al julle moeite en reëlings vir sulke pragtige musiekaande. Ons waardeer julle en wag vir die volgende verrassing.

Bodo en die organiseerders wil graag die volgende mense bedank vir hulle ondersteuning en bydrae om die week so suksesvol te kon maak.

Hoërskool Zwartberg
Bergwater vir hul venue vir Dinsdag-aand.
Die Gholfklub wat ons kon gebruik Donderdagaand.
Berlinda wat in haar vakansie by die skooltjie was.
Weltevrede wat vir ons vye geskenk het.

Vir die verblyf by privaate gesinne:
Ionè en Ken Auerswald
Ann en John Whitton
Veronika en Lutz Diegel
Sally Baker
Gerda en Jürgen Klin
Merle en Clive Cleaver

P. S. Thank you Peter McEwan for your contribution to the trees: "Only God can make a tree" - Bodo-

No comments: